NUWE TIGER WHEEL & TYRE OPEN BY MOKALA-WINKELSENTRUM, KURUMAN

Voertuig-eienaars in Kuruman in die Noord-Kaap het nou toegang tot die wêreld se grootste wiele- en bandehandelsmerke, tesame met die bekroonde diens van Suid-Afrika se mees geliefde en betroubare wiele-en-bande-kleinhandelsentrum. Hierdie aankondiging volg terwyl plaaslike inwoners ’n nuwe Tiger Wheel & Tyre-passentrum by Winkel 17 in die Mokala-winkelsentrum in Tseninweg verwelkom.

Die winkel, wat op 1 Maart 2019 geopen het, pronk met ’n pragtig ingerigte vertoonlokaal met ’n aanloklike gasvryheidsitkamer, en staan onder beheer van die takbestuurder, Frans de Vries. 

Kundige verkoops- en dienspersoneel sal kliënte by die nuwe winkel van noodsaaklike raad kan bedien terwyl hoogs opgeleide tegnici hul voertuie in die winkel se vier wielpassing-werkstasies en twee wielspoor-werkstasies onder hande neem.

Benewens wiele, bande en verwante dienste, sal kliënte ’n deurdagtig uitgesoekte reeks topgehalteprodukte soos ruitveërs, motorbatterye en bybehore aantref wat net daar gemonteer kan word indien nodig.

Besoek die nuwe Tiger Wheel & Tyre by Mokala Mall of kontak hulle nou op 053 030 0200 om munt te slaan uit opwindende openingsaanbiedinge. Om meer te leer oor Tiger Wheel & Tyre en wat dit die mees bekroonde en betroubare handelsmerk in die bedryf maak. Besoek die webwerf www.twt.to vir nog inligting.