TIGER WHEEL & TYRE WEER BEKROON - BEELD

Dinsdag, 30 Mei 2017. Johannesburg, Suid-Afrika. Suid-Afrika se mees bekroonde kleinhandel-bande- en wielemaatskappy se string toekennings ken geen einde nie. Beeld het vandag aangekondig dat die Platinum-toekenning vir die eerste plek in sy 2017-Leserskeuse-toekenning in die afdeling vir bandverskaffers weer aan Tiger Wheel & Tyre toegeken is.

Dit is die vyfde agtereenvolgende keer dat Tiger Wheel & Tyre deur die koerant se lesers as wenner van hierdie gesogte toekenning aangewys is.

“Ons kon dit nie sonder ons ongelooflike klante en hul toegewyde lojaliteit wat hulle vir ons laat stem, doen nie, en ons bedank hulle daarvoor,” het Joe du Plooy, Tiger Wheel & Tyre se groepbemarkingshoof, gesê. “En, natuurlik, tien uit tien vir die Tiger Wheel & Tyre-personeel wie se onfeilbare verbintenis tot klantediens dit moontlik gemaak het.”

Nog inligting oor die bekroonde Tiger Wheel & Tyre is beskikbaar by Tiger Wheel & Tyre se nuwe webwerf by www.twt.to.